Children need you now more than ever!
During March this year, Nokuthula, living in one of the houses at Langlaagte, grew increasingly quiet. She had no contact with her family and she had no way of knowing how they were. Reports of starving people added to the fourteen-year-old’s worry. She knew they were in dire straits even before the outbreak of Covid-19.
A month into lockdown, her worst fears were realised. A family member brought the terrible news that her mother had died. The funeral had taken place two weeks earlier. She would never be able to say goodbye properly.
Nokuthula arrived at the home like most other children, with only the clothes on her back. She soon had secondhand clothes from the store, but she desperately needed new underwear to restore her dignity.
The news of her mother’s death has devastated her. To restore this young girl to the beautiful and talented young woman that she promises to be will take time, patience and a lot of money.
Many children in care have stories like that of Nokuthula. They are extremely vulnerable and their lives have to be rebuilt slowly and painstakingly.
You can help a girl like Nokuthula by donating R20 towards new underwear. It will be the first step on her long road to self-respect and fulfilling her potential.
Nokuthula and children like her need you to share this message with as many people as you can.
- friends
- family
- colleagues and
- acquaintances
who care about children the way you do.
To donate R20 towards the dignity of a girl like Nokuthula, please donate. Then tell the world what you did.
Kinders in sorg het u nou nodig!
Tydens Maart vanjaar het Nokuthula, wat in een van die huise op Langlaagte bly, al hoe stiller geraak. Sy het geen kontak gehad met haar familie nie en kon nie vasstel hoe hulle oorleef nie. Die gerugte van mense wat honger ly het die veertienjarige net meer ontstel. Sy was al te bewus daarvan dat hulle reeds noustrop getrek het voor die grendeltyd.
Haar ergste vrese het waar geword sowat ‘n maand later. ‘n Gesinslid het die tragiese nuus dat haar ma reeds twee weke tevore gesterf en begrawe is, gebring. Sy sal nooit die kans kry om behoorlik afskeid te neem nie.
Sy is verpletter deur die nuus van haar ma se dood. Om die pragtige en talentvolle jong meisie weer op dreef te kry sal lank neem en ook baie geduld en koste behels.
Nokuthula se storie stem ooreen met die van baie kinders in sorg. Hulle is besonder kwesbaar en hulle lewens moet sorgsaam herbou word. Soos meeste ander kinders het Nokuthula destyds met net die klere aan haar lyf by AKB aangekom. Sy het gou tweedehandse klere uit die stoor gekry. Maar nuwe onderklere was dringend nodig om haar waardigheid te herstel.
U kan ‘n kind soos Nokuthula help met ‘n donasie van so min as R20 om nuwe onderklere beskikbaar te maak. Dit sal ‘n eerste stap wees op haar lang pad na selfrespek en die vervulling van haar potensiaal.
Nokuthula en kinders soos sy het nodig dat u hierdie boodskap sal deel met soveel mense as wat u kan.
- vriende
- familie
- kollegas en
- kennisse
wat ook omgee vir kinders soos wat jy doen.
Om ‘n R20 donasie te maak ten bate van die waardigheid van ‘n meisie soos Nokuthula, asb. skenk. En vertel dan die wêreld wat jy gedoen het!